CURRICULUM VITAE
Daniël J De Kock
(B.A., B.Th., M.Th.,Lis.Teol)
Daniël is gebore in die Transvaal, skool gegaan op Volksrust en universiteits opleiding ontvang op Potchefstroom waar hy gestudeer het vir predikant.
Aan die Universiteit van Stellenbosch het Daniël tesame met sy Teologiese grade en Lisensiaat in die Teologie sy Meestersgraad in Teologie Diakonologie gedoen wat gehandel het oor die oudiovisuele Kommunikasie. Hy was predikan by 1 Militêre Hospitaal Voortrekkerhoogte en ook by die gemeente Swellendam vir ses jaar. Gedurende 1985 is hy saam met die weerspan na Marion eiland en Antartika.
Hy was ook die ontwerper en mede-bestuurder van die span wat die Christelike TV begin het gedurende 1991. Daniël was ook verbonde aan die Suid-Afrikaanse Ambassade in Bern, Switserland waar hy gedurende 1992/3 verantwoordelik was vir alle formele en informele etes in die Ambassadeurswoning.
Gedurende die jare 1990-1995 was Daniël nou betrokke by Modelwerk in Italië waar hyself model gespeel het en ook fotograaf, hy doen vandag nog model portefeuljies vir jong opkomende modelle. Gedurende 1993-1994 ontwerp hy die bekende Christelike opvoedkundige kommunikasiespel Equal Chat wat handel oor Gal 5:22.
Daniël is die skrywer van 'n paar boeke onder andere 'n boek vir die jongmense en ouers, "Die sielkunde van die adolossent en die pastorale benadering", 'n ander boek wat handel oor "Werkspanning", 'n boek oor die "Pastorale versorging van die bejaardes", en 'n boekie oor die "Die-Eenheid van God."
Hy is ook 'n uitmuntende spreker oor 'n wye veld van aangeleenthede soos bv. Die hantering van depressie, Ouer en kind verhouding, Hantering van terminale pasiënte en verskeie ander onderwerpe. Die afgelope 10 jaar het hy al met ongeveer 120,000 mense gepraat.
Daniël is die wenner van verskeie Nasionale en Internationale Kos/Kook kompetisies. Hy was onder andere die wenner van die Sarie se "Gasheer" - Gaskok van die jaar, wenner van Sarie se teetafel kompetisie ens. Daniël doen gereeld kos demostrasies by Iniversiteite, Skole en Kerk groepe op uitnodiging. Daniël is nou al 10 jaar die skrywer van die Tygerburger se resepte rubriek. Hy het al 3 resepteboeke die lig laat sien.
Gedurende die jaar 1994-1999 begin hy die Tara gastehuis in Tygerberg heuwels wat hy self bestuur het en ook verantwoordelik was vir alle etes. Gedurende 1999 begin hy sy eie onderneming met die naam "Decorative Fruits". Die onderneming behartig die verspreiding van gedroogde sitrus vrugte landswyd. Die afgelope 10 jaar is hy 'n gereelde geleentheids spreker by skole, kerke en ander byeenkomste en doen gereeld radio onderhoude. Hy is ook die medeskrywer van die boek:" Doepa vir die Siel" wat in 2003 verskyn het. In 2004 skryf hy die boeke: "Lewenswaarhede: Carpe Diem - Detox 1" en "Lewenswaarhede: Dum Vivimus Vivamus - Detox 2".